Waterbok (astrologie)

癸未

Die Waterbok (癸未, guǐwèi) is die 20ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die 10de Hemelstam (癸, guǐ; die element Water en Jin) met die agtste Aardtak (未, wèi), gesimboliseer deur die Bok (羊, yáng).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Waterbokjaar het in 2003 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 11 Februarie 2003 tot 21 Januarie 2004.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search